Vierjarige sterf ná sy 10 verdiepings val
2011-12-08 09:47
Hongkong – ‘n Vierjarige meisie het na haar dood geval ná sy alleen in ‘n woonstel gelos is terwyl haar ma inkopies gaan doen het, het die polisie Donderdag gesê.
Die polisie het die kind in ‘n kritieke toestand buite die woonstelgebou in Hongkong, China, gevind nadat die 41-jarige ma haar Woensdagaand as vermis aangemeld het. Die meisie is later in die hospitaal dood verklaar.
Luidens plaaslike nuusberigte was daar ‘n stoel by die venster, wat nie tralies gehad het nie. Die meisie het vermoedelik haar balans verloor toe sy by die venster wou uitkyk.
Kinderbeskermingsgroepe sê daar is talle gevalle van kinders wat na hul dood geval het ná hulle alleen by die huis gelos is.
Daar is tans geen spesifieke wetgewing wat bepaal dat dit onwettig is om kinders alleen by die huis te los nie. Versorgers en ouers kan egter vir nataligheid vervolg word.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA