Vier sterf toe helikopter bots, ontplof
2011-06-15 17:53
Madrid – Vier mense is dood, een is ernstig beseer en een vermis nadat ‘n helikopter teen ‘n berg in Andorra vasgevlieg en ontplof het, het ‘n amptenaar gesê.
Die helikopter het ‘n instandhoudingspan na ‘n bergkamp vir stappers in die prinsdom tussen Frankryk en Spanje geneem toe dit Woensdag op ‘n hoogte van 2 200 meter neergestort het.
Die oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik bekend nie.
Die nasionaliteite van die ses mense was nog onbekend, het ‘n amptenaar van die Andorra-regering gesê.
Andorra is in die oostelike Pireneë geleë en het ‘n bevolking van sowat 80 000 waarvan baie Franse en Spanjaarde is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP