Vliegramp: Oorlewendes moet langs lyke slaap
2010-08-11 11:00
Kaapstad – Die oorlewendes van die vliegongeluk waarin senator Ted Stevens in Alaska gesterf het, is oornag langs vyf lyke op ‘n berg gestrand, het reddingswerkers gesê.
Sean O’Keefe, voormalige hoof van Nasa, en sy tienerseun is twee van die vier oorlewendes wat die aand in mis en reën op die berg moes deurbring nadat die vliegtuig in suidwestelike Alaska neergestort het, berig Telegraph.
Stevens (86) en agt ander mense was op ‘n visvanguitstappie toe die vliegtuig skielik in mis en reën beland het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.