Vier ontploffings ruk stad in Irak
2011-09-25 14:01
Bagdad – Vier ontploffings het Sondag die Irakse stad Karbala, sowat 118 km suid van die hoofstad Bagdad, geruk.
‘n Onbekende hoeveelheid mense is in die ontploffings dood, het polisie-bronne gesê.
Die agtereenvolgende ontploffings het buite ‘n regeringsgebou plaasgevind en verskeie motors is beskadig, het die bronne gesê.
Niemand het tot dusver verantwoordelikheid vir die ontploffings geneem nie, het die polisie gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA