Vier mynwerkers vas in Wallis-steenkoolmyn
2011-09-15 20:03
Londen – Britse reddingswerkers spook om vier
werkers wat in ‘n myn in die suide van Wallis vasgekeer is, te bevry.
Die polisie sê daar lê ‘n “moeilike
redddingsoperasie” by die Gleision Colliery naby Swansea voor.
Phil Davies, ‘n polisiebeampte in die suide
van Wallis, sê die mynskag is nie geblokkeer nie, maar wel onder water.
Reddingspersoneel probeer om die water uit die
mynskag te dreineer.
Volgens Davies het drie ander mynwerkers
daarin geslaag om ná die ongeluk te ontsnap.
Een is hospitaal toe geneem en die tweede se
toestand is nie bekend nie.
Dié klein myn is een van die laaste
steenkoolmyne in Wallis.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP