Vier kinders se lyke in yskas gevind
2010-08-31 05:52
Ankara - Die lyke van vier broers en hul hul suster tussen die ouderdomme van ses en 11, is in 'n yskas in die Turkse middestad gevind.
Plaaslike owerhede glo dit was 'n ongeluk.
"Die kinders het ná ontbyt gaan speel en in die yskas by 'n verlate huis geklim. Die deur van die yskas het toegeklap en gesluit," het Huseyin Baysal, burgemeester van die dorp waar die ongeluk plaasgevind het, gesê.
Die kinders het in die yskas, wat buite werking was, versmoor, het Baysal aan die nuuskanaal NTV gesê.
'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.
- AFP