Vier beseer ná ontploffing by kroeg
2011-06-19 15:33
Manila, Filippyne – Vier mense is beseer nadat 'n tuisgemaakte bom in 'n karaoke-kroeg in die suidelike Filippyne ontplof het, het die polisie gesê.
Die ontploffing het Saterdagaand in Tacurong-stad sowat 930 km suid van Manila plaasgevind, het Felicisimo Khu, polisiehoof, gesê.
Khu het gesê ooggetuies het gesien hoe 'n man kort voor die ontploffing haastig die kroeg verlaat.
Hy het gesê die polisie-ondersoek het nog nie vasgestel of enige groep vir die ontploffing verantwoordelik is nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA