Vier Navo-soldate sterf ná helikopter val
2010-06-21 12:07
Kaboel, Afganistan - Drie Australiese en 'n Amerikaanse soldate is Maandag dood toe hul helikopter in die suide van Afganistan neergestort het, het beamptes gesê.
Insluitend Maandag se vliegongeluk is minstens 57 internasionale troepe, waarvan 35 Amerikaners, vandeesmaad dood.
Navo-magte het in 'n verklaring gesê die ongeluk word ondersoek, maar dat daar geen tekens is van betrokkenheid van ander magte nie.
Australië se verdedigingsmagte het die sterftes bevestig en het gesê sewe Australiese soldate is in die vliegongeluk in die Kandahar-provinsie beseer.
Twee van hulle het ernstige beserings opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP