Video van Texas-regter wat dogter slaan, skok wêreld
2011-11-04 23:03
Kaapstad – ‘n Texas-regter wat opgeneem is terwyl hy sy tienerdogter met ‘n belt slaan, sal nie van kindermishandeling aangekla word nie, berig The Guardian.
As regter sal hy egter voortaan nie meer enige sake van kindermishandeling mag aanhoor nie.
Die ‘pakslae’ het in 2004 gebeur toe Hillary Adams 16 jaar oud was.
Sy sê haar pa het haar op daardie stadium gereeld op dié manier gestraf.
Adams, wat nou 23-jaar oud is, sê sy het ongelooflike ondersteuning ontvang vandat sy die video, wat al meer as 2 miljoen keer gekyk is, op die internet gepubliseer het.
Indien sy vroeër na vore gekom het, sou die staat haar pa van kindermishandeling kon aankla, maar volgens wet is die versperringstydperk verby.
“Ons glo daar is oorgenoeg bewyse, ‘n klag kon ingedien word,” het polisiehoof van Rockport, waar die Adams-gesin woon, gesê.
Die distriksaanklaer het egter beslis dat hulle nié ‘n klag kan lê nie omdat die voorval meer as vyf jaar gelede gebeur het.
In hierdie spesifieke voorval, het die Texas-regter sy dogter geslaan omdat sy inhoud onwettiglik op haar rekenaar gelaai het.
Kliek hier om na die video te kyk.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.