China in skok oor tweejarige tref-en-trap-slagoffer
2011-10-18 22:58
Beijing – ‘n Video van ‘n tweejarige
tref-en-trap-slagoffer in China wat deur verbygangers geïgnoreer word, het skokgolwe
deur China en die wêreld gestuur.
Die tweejargie Yueyue is in die hospitaal
opgeneem nadat twee voertuie bo-oor haar gery en sy vir etlike minute in die
straat gelê en bloei het .
In die video stap verskeie mense verby die
peuter sonder om haar te help.
Uiteindelik sien ‘n vrou die kind raak en sleep haar uit die pad uit.
Kort daarna kom die kind se ma te voorskyn en
word sy hospitaal toe gehaas.
Wonderbaarlik het sy die voorval oorleef, maar veg tans om haar lewe in die hospitaal.
Sy het waarskynlik permanente breinskade opgedoen.
Beide bestuurders van die voertuie wat bo-oor die peuter gery het, is in hegtenis geneem.
Kyk hier na die video. Waarskuwing: hierdie
video is nie vir sensitiewe kykers nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.