"Vet" man skuldig
2009-11-07 03:31
Hackensack, New Jersey –‘n Jurie het ‘n man se bewerings dat hy te vet was om sy voormalige skoonseun te vermoor, van die hand gewys en het hom van moord beskuldig.
‘n Juriebank van agt vrouens en vier mans het Vrydag vir Edward Ates skuldig gevind na ‘n maand lange verhoor.
Ates het gesê hy het nie die energie gehad om sy skoonseun akkuraat raak te skiet nie.
Die 62-jarige man het 129 kg geweeg toe Paul Duncsak in 2006 gesterf het.
Staatsaanklaers het gesê Ates het vanaf Florida na Duncsak se huis gery, by die trappe opgeklim en die 40-jarige man geskiet.
Duncsak en Ates se dogter was betrokke in in hofgeding oor toesig ná hul egskeiding.
-AP