Verskeie lande kritiseer Iran se kernprogram
2011-11-09 15:32
Kaapstad – Amptenare van Frankryk, Israel en China het almal Woensdag streng verklarings uitgereik na aanleiding van ‘n nuwe verslag wat daarop dui dat Iran moontlik kernwapens ontwikkel.
“Die verslag wat deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) gepubliseer is, versterk Frankryk se groot bekommernis rakende Iran se kernprogram,” het Frankryk se minister van buitelandse sake gesê.
“Frankryk glo dat hy ‘n deurbraak moet maak deur diplomatieke druk op Iran te vermeerder.
“As Iran weier om te voldoen aan die vereistes van die internasionale gemeenskap en enige ernstige samewerking weier, is ons, en al die lande wat saam met ons staan, gereed om sanksies van ‘n ongeëwenaarde skaal aan te neem.”
Die verslag deur die IAEA, wat Dinsdag vrygestel is, het geen bewyse gevind dat Iran ‘n strategiese besluit geneem het om ‘n bom te bou nie.
Tog is die land se kernprogram meer ambisieus en gestruktureerd en meer vooruitgang is gemaak as wat voorheen bekendgemaak is, het die verslag gesê.
– Lees meer by CNN
– Volg Nuus24 op Twitter