Veroordeelde vrou van Iran nie geslaan
2010-09-09 08:50
Teheran. – Die Iranse vrou wat deur steniging in die gesig gestaar word vir haar aandeel aan haar man se dood, het verbasing uitgespreek oor berigte dat sy geslaan is weens ’n Britse koerant wat glo ’n foto van haar sonder kopdoek gepubliseer het, het ’n regsamptenaar aan die nuusagentskap Fars gesê nadat hy haar Woensdag gesien het.
Volgens Fars het Vahid Kazemzadeh, ’n lid van die wetgewende gesag se Islamitiese Menseregtekommissie, gesê dat Sakineh Mohammadi-Ashtiani ’n klag ingestel het teen haar prokureur, Mohammad Mostafaie, wat sy nog nooit ontmoet het nie. Die koerantfoto het glo verkeerdelik Mohammadi-Ashtiani se naam in die onderskrif gehad.
Mohammadi-Ashtiani is ter dood veroordeel deur steniging vir owerspel.
Sy is ook tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir haar aandeel aan haar man se dood.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP