Vernederde navorser vas
2009-10-26 10:17
Seoel – ‘n Hof in Suid-Korea het ‘n wetenskaplike wat in kloning gespesialiseer het, vir oortredings tydens sy stamsel-navorsing vervolg.
Hwang Woo-suk (56) is Maandag skuldig bevind op aanklagte dat hy geld verduister het, fondse onder valse voornemings ontvang het en ook onwettig menslike eierselle aangekoop het vir sy navorsing.
Hwang se sogenaamde 'deurbrake' in die kloning van stamselle het mense hoop gebied dat dit kan help om siektes soos Alzheimer-siekte te genees maar in 2005 is sy navorsing as onsin ontbloot.
Hy sal op ‘n latere stadium gevonnis word en die aanklaer het gevra vir ‘n minimum van vier jaar tronkstraf.
- Sapa