Vermiste Argentynse meisie se lyk gevind
2011-09-01 15:55
Buenos
Aires – 'n Reuse-poging van die Argentynse polisie om 'n vermiste 11-jarige meisie op te spoor, het tragies geëindig
toe haar lyk Woensdag gevind is, het polisie gesê.
“Hulle het
my dogtertjie doodgemaak,” het Carola Labrador, Candela Rodriguez se ma,
volgens ooggetuies geskree nadat sy haar dogter se liggaam uitgeken het.
Rodriguez
se lyk is in Hurlington, aan die westekant van Buenos Aires gevind. Altesaam 1
600 polisiebeamptes het na haar gesoek.
Die
staatsaanklaer Federico Nievas Woodgrate het vroeër gesê die liggaam van ‘n
meisie Rodriguez se ouderdom is naak in ‘n sak met ernstige skade aan haar gesig
gevind.
In ‘n
massiewe poging deur die polisie sedert Rodriguez tien dae gelede vermis geraak
het, is sowat 800 huise deursoek. Akteurs, joernaliste en
nie-regeringsorganisasies het ook hand bygesit in die soektog.
Labrador
het pres. Cristina Kirchner verlede week ontmoet.
Sowat 200 sake van vermiste kinders word tans
deur die polisie in Argentinië ondersoek, uit ‘n bevolking van meer as 40
miljoen burgers, het die groep Missing Children gesê.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA