Vermiste seuntjie se voete in vrieskas gevind
2011-07-13 22:06
New York – ‘n Jong seun wat op pad huis toe verdwaal
en vir aanwysings gevra het, se lyk is in 'n tas en sy voete in ‘n man se vrieskas gevind.
‘n Intensiewe soektog is geloods ná die agtjarige
Leiby Kletzky Maandag in ‘n veilige woonbuurt van New York vermis geraak het.
Hy was op pad terug van ‘n vakansieskool toe hy
‘n vreemdeling vra vir aanwysings.
‘n Kringtelevisie-kamera het die seun opgeneem
waar hy buite ‘n tandarts se kantoor vir die man staan en wag.
‘n Halfuur later het hy saam met die man in
sy motor geklim.
Die polisie het die verdagte, Levi Aron, by sy
woonstel ‘n paar kilometer van waar Leiby vermis geraak het, opgespoor.
Toe hulle vir hom vra of hy weet waar die
seuntjie is, het hy met sy kop na die kombuis geknik.
In die kombuis het die polisie ‘n bebloede
broodbord, 'n mes en die seun se voete in die vrieskas gevind.
Die res van sy lyk is in ‘n rooi tas in ‘n
vullisdrom in ‘n ander area van Brooklyn gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP