Verminkte soldate dalk werke kwyt
2011-11-12 18:27
Londen – Brittanje oorweeg om 16 500 van sy soldate teen 2015 te ontslaan – meer as dubbeld die oorspronklike beraming en selfs gewonde soldate kan hul poste verloor, berig plaaslike media.
Die Daily Telegraph het ‘n interne dokument aangehaal wat aandui sowat 2 500 gewonde soldate, 350 wat ledemate verloor het, sal nie by die voorgestelde verkleining van die militêre personeelliggaam uitgesluit wees nie.
Die dokument, gestuur aan bevelvoerders in Afganistan, lui soldate wat “tydelik afgegradeer is, sal nie uitgesluit” word by die volgende ronde van afdanking nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP