Vermeende skieter glo 'n Duitse Moslem
2011-03-03 11:25
Mitrovica, Kosovo – Die man wat daarvan verdink word dat hy Amerikaanse lede van die lugmag buite die Frankfurt-lughawe doodgeskiet het, is ‘n Duits-gebore Moslem wat by die lughawe werk.
Só het Rexhep Uka (70), oom van die vermeende skieter, Arid Uka, in ‘n onderhoud met The Associated Press in Kosovo gesê.
Volgens hom is Arid in Duitsland gebore en grootgemaak nadat sy ouers sowat 40 jaar gelede na die land getrek het. Hulle is oorspronklik van Kosovo afkomstig.
Die oom sê Arid is ‘n gelowige Moslem wie se oupa ‘n godsdienstige leier by ‘n moskee in die dorp Zhabar was. Dié dorp is naby Mitrovica, Kosovo, geleë.
Die Frankfurt-lughawe het geweier om kommentaar te lewer oor bewerings dat die verdagte by dié lughawe werk.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP