Verkiesing in VSA: Eerste skote klap

2012-01-03 08:47
Tweets Share Share line Print

Washington – Die eerste skote in die Amerikaanse presidentsverkiesing word vandag gevuur wanneer Republikeinse kandidate mekaar in die benoemingstryd in die deelstaat Iowa aanvat.

Goew. Mitt Romney van Massachusetts is die vroeë voorloper om as dié party se presidentskandidaat aangewys te word om pres. Barack Obama uit te daag, hoewel die voormalige speaker van die huis van verteenwoordigers, Newt Gingrich, ook ’n sterk aanspraakmaker is.

Die benoemingstryd in Iowa word saam met dié van New Hampshire tradisioneel beskou as ’n aanduiding van hoe die res van die benoemingstryd kan verloop. Obama het die Demokrate se Iowa-koukus in 2008 gewen.

Volgens die laaste groot meningspeiling voor vandag se koukus, deur die koerant Des Moines Register, geniet Romney die meeste steun (24%), maar het Gingrich van die tweede plek tot die vierde teruggesak. Ron Paul, ’n kongreslid van Texas, is tweede en Rick Santorum, ’n voormalige senator, derde.

Die Iowa-koukus is oop vir enige geregistreerde Republikeinse ondersteuner. Die wenner word aangewys ná intense debatvoering oor kandidate se bevoegdhede en stemming deur almal wat dit bywoon.

Prof. Allan Lichtman van die American University in Washington het op ’n nuuskonferensie gesê dit lyk of die resies op die ou einde tussen Gingrich en Romney sal wees.

Daar is egter toenemend vrese dat nie een van hulle die skietgoed het om die president uit die kussings te lig nie. Dit is opvallend dat Obama óf gelyk óf net voor is wanneer hy met moontlike uitdagers vergelyk word, ondanks wye ontevredenheid oor sy bestuurstyl en die ekonomie.

“Dit gaan in der waarheid nie sleg met Amerika nie. Obama het van Osama bin Laden en Muammar Gaddafi ontslae geraak, Libië is bevry, ons het uit Irak padgegee en daar was geen groot rampe met buitelandse beleid nie. Dít is die soort omstandighede waarin presidente herkies word.”

Romney word nie heeltemal deur die Republikeinse basis vertrou nie omdat hy ’n Mormoon is en nie “eg-konserwatief” is nie.

Aan die ander kant: Gingrich was al drie keer getroud en sy persoonlike lewe is in omstredenheid gehul.

– Bronne: Bloomberg, www.politico.com, Des Moines Register en www.state.gov 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.