Verkiesing in Afganistan was suksesvol
2010-09-20 01:52
Kaboel. – Regeringsamptenare in Afganistan sê die parlementêre verkiesing was “suksesvol” ondanks Taliban-aanvalle wat daarop gemik was om die stemmery te ontwrig.
Die Taliban beweer sy vegters het Saterdag sowat 150 stemlokale in Afganistan aangeval.
Abdoel Rahim Wardak, minister van verdediging, het egter gesê die militante het aansienlik minder aanvalle as tydens verlede jaar se presidentsverkiesing uitgevoer.
Saterdag se stemmery het 305 gewelddadige voorvalle opgelewer.
Die bevestigde uitslae van die verkiesing sal na verwagting teen die einde van Oktober aangekondig word.
- SAPA