Verkeerde tweeling word geaborteer

2011-11-24 10:10
Tweets Share Share line Print

Melbourne – ‘n Australiese hospitaal het Donderdag met ‘n ondersoek begin nadat die verkeerde fetus van ‘n vrou wat swanger was met ‘n 32 week oue tweeling geaborteer is.

Dokters het aan die vrou gesê dat een van die seuns, wat sy reeds 'n naam gegee het, ‘n oorerflike hartdefek het wat daartoe sal lei dat hy jare lange operasies sal moet ondergaan, indien hy dit oorleef, het die Herald Sun berig.

Die vrou het die moeilike besluit geneem om die kind te laat aborteer – maar die verkeerde baba se lewe is Dinsdag beëindig.

Die vrou moes gevolglik ‘n lang keisersnee-operasie by die Royal Women’s-hospitaal in Melbourne ondergaan waartydens die lewe van die siek fetus ook beëindig moes word.

“Die Royal Women’s-hospitaal kan bevestig dat ‘n kliniese ongeluk Dinsdag plaasgevind het,” het die hospitaal in ‘n verklaring gesê.

“Dit is ‘n verskriklike tragedie en die hospitaal is innig jammer vir die verlies wat die pasiënt en haar familie moes ly.

‘n Vriend van die vrou het aan die koerant gesê dat die familie sukkel om dit te hanteer.

“Sy het na die hospitaal gegaan met twee babas en nou het sy niks. En sy moes deur die hartbrekende proses gaan om geboorte te skenk aan haar siek baba. Sy is getraumatiseer,” het sy gesê.

“Die hospitaal het gesê hy het die regte prosedure gevolg, maar hoe kon dit gebeur?”

Die familie het later ‘n verklaring uitgereik waarin hulle vir privaatheid gevra het.

“Ons waardeer die publiek se belangstelling in wat gebeur het, maar ons sou verkies het as die Herald Sun se joernalis wat die nuus van ons tragedie gebreek het ons versoek gerespekteer het en nie die storie gepubliseer het nie,” het hulle gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: swangerskappe  |  hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.