Verdagtes vas in ondersoek na koerant-omkopery
2012-01-28 18:13
Londen – Die Britse polisie het die kantore van Rupert Murdoch se Britse koerante deursoek, nadat 'n polisiebeampte en vier huidige en voormalige werknemers van Murdoch se Sun-koerant in hegtenis geneem is as deel van 'n ondersoek na polisie omkopery deur joernaliste.
Die arrestasies het die skandaal rondom koerantsondes, wat reeds tot die sluiting van die News of the World gelei het, nou na 'n tweede Murdoch-koerant uitgebrei.
Murdoch se News Corp. het bevestig dat vier van die verdagtes huidige of voormalige werknemers van die Sun is.
Die vyfde verdagte, 'n 29-jarige polisiebeampte, is by die Londense stasie waar hy werk in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP