Verdagte dood polisieman met eie geweer
2009-10-31 19:04
Bagdad - 'n Persoon wat deur die Irakse polisie ondervra is in verband met verlede week se bomaanvalle in Bagdad het 'n polisiebeampte doodgeskiet.
Die verdagte het die regsbeampte se geweer by hom gegryp en 'n skoot gevuur, het die departement van binnelandse sake Saterdag gesê.
Die polisiebeampte is getref, maar is nie op slag dood nie. Hy het egter later in die hospitaal aan sy wond beswyk.
Die verdagte is ook later in die hospitaal dood.
Dit is nie bekend of hy deur die polisie geskiet is of sy eie lewe geneem het nie.
- Sapa-AFP