Verbod op vloeistof in vliegtuie geld tot 2014
2009-11-13 09:28
Brussel. – Die Europese Unie (EU) het ’n verbod op meer as 100 ml vloeistof per passasier op kommersiële vlugte tot April 2014 uitgebrei.
Toe die verbod twee jaar gelede ingestel is, is bepaal dat dit in April 2012 beëindig sou word.
Dit beteken dat Suid-Afrikaners wat na of oor Europa na ander bestemmings reis, steeds nie meer as 100 mF vloeistof in hul handbagasie mag hê nie. Die vloeistof moet bowendien in deursigtige plastiekbotteltjies, verpak in deursigtige plastieksakke, wees.
Indien reisigers oortree, kan veiligheidsbeamptes op die lughawens dit konfiskeer. Vloeistowwe mag wel in bagasie wees wat in die vragruimtes gelaai word.
- Die Burger