Verbod op kougom bly, sê Singapoer
2010-03-05 03:35
Singapoer – Singapoer het Donderdag bevestig dat die verbod op kougom steeds geld.
"Die regering staan by Singapoer se besluit om kougom te verban,” het Maliki Osman, die parlementêre sekretaris by die ministerie van nasionale ontwikkeling aan die parlement gesê.
Kougom word al vir die afgelope 18 jaar in Singapoer verban.
"Kougom was nog nooit weer ‘n probleem sedert die verbod ingetree het nie. Ons was bang die besoedeling van kougom sal voortgesit word indien die verbod gelig word,” het Osman gesê. “Die regering het besluit dat die verbod sal bly.”
Hy het op een van die lede van die People's Action Party se vrae gereageer wat gevra het wanneer die verbod gelig sal word.
Volgens die LP is die verbod deur Singapoer se diktators ingestel wat die regering se streng wette daargestel het.
Singapoer, wat wêreldwyd bekend is vir sy skoon beeld, het die uitvoer en verkope van kougom in 1992 verban om mense wat gedurig kougom onder stoele, tafels en teen ander openbare eiendom vasgeplak het, stop te sit.
Een van die hoof redes vir die verbod op kougom was die ontwrigting van treindienste op Singapoer se spoorweë. Kougom is gedurig op die deure vasgeplak wat vertragings meegebring het.
-Sapa-AFP