Verbod op gays in weermag ‘ongrondwetlik’
2010-09-10 04:18
Los Angeles - ‘n Verbod op homoseksuele persone wat openlik kan dien in die Amerikaanse weermag is ongrondwetlik omdat dit vryheid van spraak en menseregte inperk, het ‘n federale regter in Kalifornië Donderdag beslis.
“Die ‘Don’t Ask Don’t Tell’-wet, op gesigswaarde, skend die grondwetlike regte” van homoseksuele soldate, het Regter Virginia Phillips geskryf.
“Klaer is geregtig op… ‘n regtelike verklaring tot dié effek en ‘n permanente bevel wat verdere toepassing van die wet verbied,” het sy geskryf.
- Sapa - AFP