Venezuela wil lugredery uitbrei
2012-01-23 14:00
Caracas – Hugo Chavez, die president van Venezuela, het gesê dat sy regering beplan om Embraer-vliegtuie van Brasilië en gebruikte Airbus-vliegtuie te koop om Conviasa, sy land se lugredery, verder uit te brei.
Chavez het gesê dat hy die plan goedgekeur het om krediet met die Brasiliaanse Ontwikkelingsbank te onderhandel om die 20 Embraer-vliegtuie te koop.
Rafael Ramirez, die minister van olie, het gesê Venezuela het die opsie om of 10 of 20 van die Embraer-vliegtuie aan te koop.
Chavez het gesê die beraamde koste vir die 20 vliegtuie sal $814 miljoen (sowat R6,4 miljard) wees.
Venezuela sal ook vier gebruikte Airbus-vliegtuie van die Verenigde Arabiese Emirate koop teen ‘n koste van $60 miljoen (sowat R470 miljoen) per vliegtuig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP