Veertienjarige in hof vir ouers se moord
2011-03-10 23:00
Naples, Florida – ‘n Veertienjarige seun van Amerika, wat sy ouers glo in
Desember verlede jaar doodgeskiet het, sal as ‘n volwassene verhoor word.
Die tiener word van manslag aangekla.
Die staat het beslis dat dit “gepas” is om Alexander Crain op twee aanklagte van manslag te verhoor.
Die res van die seun se familie het versoek dat hy as ‘n
minderjarige verhoor word.
As minderjarige sal sy straf ligter wees indien hy skuldig bevind word.
Die seun het glo albei sy ouers, Thomas (40) en
Kelly Crain (39), in hulle huis in Naples doodgeskiet.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA