Vate chemikalieë deur rivier meegesleur
2010-07-30 14:48
Kaapstad – Duisende vate met plofbare chemikalieë is deur vloedwater in ‘n rivier in die noordooste van China ingespoel, het die staatsmedia berig.
Die voorval het naby die Songhua-rivier in die stad Jilin in die gelyknamige provinsie gebeur, het die nuusagentskap Xinhua berig.
Watertoevoer na die stad is gou afgesny, maar het later begin normaliseer.
Die houers bevat meer as 160 000 kg plofbare chemiese vloeistof, het plaaslike amptenare aan Xinhua gesê.
“Noodlenigingswerkers probeer om die houers op te spoor en plaaslike owerhede gemoeid met omgewingsbestuur monitor die watergehalte van die rivier,” lui die berig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters