Valskermspringer val na sy dood
2010-03-20 14:45
Zephyrhills – ‘n Valskermspringer het in Florida gesterf nadat hy probleme met sy valskerm ondervind het tydens ‘n vryval.
Volgens die Zephyrhills-polisie het die 68-jarige Paul C Luter III Vrydagmiddag opslag gesterf.
“Dit wil voorkom op Luter se valskerm nie heeltemal oopgegaan het nie. Daar was ook nie genoeg tyd vir hom om sy reserwe valskerm oop te maak nie,” het David TK Hayes, algemene bestuurder van Skydive City, gesê.
Luter was glo ‘n ervare valskermspringer.
–Sapa