'Vader Kersfees' gee geld weg!
2009-12-23 23:10
Portland, VSA - Kersfees het sommer drie dae vroeër gekom vir mense wat inkopies gaan doen het by 'n Goodwill-winkel in Maine in die VSA.
'n Onbekende man wat in 'n Sinterklaas-uitrusting geklee was, het rondegloop en 100 koeverte met $100 (R770) in aan 'n honderd vreemdelinge uitgedeel.
Dié verrassing is baie dieselfde as wat 'n man van Missouri vir jare lank gedoen het. Larry Stewart het ook $100 note uitgedeel tydens die feesseisoen, maar het onbekend gebly tot kort voor sy dood in 2007.
In Maine het die mense na hul asems gesnak toe hulle die koeverte oopmaak.
Aurea Parker het aan die Portland Press Herald vertel sy het nie geweet Kersvader bestaan nog nie.
Jim Ward, 'n ander gelukkige winkelier, het gesê hy gaan die geld gebruik om sy seun uit te vat vir ete.
- Sapa