VSA waarsku teen terreur in Europa

2010-10-04 08:35
Tweets Share Share line Print

Washington – Pres. Barack Obama se regering het Amerikaners Sondag teen moontlike terreuraanvalle in Europa gewaarsku.

In ’n amptelike verklaring word Amerikaners wat in Europa woon of reis aangeraai om op hul persoonlike veiligheid te let omdat “onlangse inligting suggereer dat Al-Kaïda en geaffilieerde organisasies hul terreuraanvalle mag voortsit”. Die verklaring verwys spesifiek na openbare vervoerstelsels en ander toerisme-infrastrukture.

Brittanje het sy reisadvies vir Frankryk en Duitsland opgradeer en gewaarsku dat die terreurgevaar daar “hoog” is. Voorheen was dit “algemeen.”

Die terreurgevaar in die Verenigde Koninkryk bly onveranderd as “erg”, wat beteken ’n aanval is hoogs waarskynlik.

Amerikaanse en Europese veiligheidskundiges is al dae lank besorgd dat terroriste dalk aanvalle soos die noodlottige skietery in 2008 in Moembaai, Indië, beplan.

“Dit is nodig dat die Franse weet die gevaar bestaan en kan ons enige oomblik tref,” het die Franse minister van verdediging, Herve Morin, in Le Parisien gesê.

Amerikaanse veiligheids­amp- tenare glo Osama bin Laden sit agter die terreurplanne.

Volgens ’n Pakistanse veiligheidsamptenaar is agt Duitsers en twee Britte glo die middelpunt van ’n terreurplan.

Die verdagtes skuil glo in Noord-Waziristan, ’n Pakistanse stamgebied waar talle militante saamgetrek is.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger Oos

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vsa  |  terrorisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.