VSA ‘waaksaam ná dreigement’

2011-09-10 08:24
Tweets Share Share line Print

Washington - Pres. Barack Obama het opdrag gegee dat teenterreurmaatreëls in Amerika verskerp word ná ’n “geloofwaardige, maar onbevestigde” dreigement in aanloop tot môre se tiende herdenking van die 9/11-terreuraanvalle.

Amptenare wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê die dreigement het betrekking op Washington en New York, wat op 11September 2001 in die Al-Kaïda-aanvalle in die visier was. Byna 3 000 mense is tóé dood.

’n Teenterreurbeampte het gesê inligting dui op moontlike motorbomaanvalle. Hy het bygevoeg dat die inligting van Pakistanse stamgebiede afkomstig is.

’n Soektog is na twee of drie verdagtes gelas wat volgens ’n bron glo bande met Al-Kaïda het.

Die burgemeester van New York, Michael Bloomberg, het benadruk dat die dreigement nie bevestig is nie, ondanks sy aankondiging van verskerpte veiligheidsmaatreëls.

Bloomberg het mense gevra om verdagte of gevaarlike bedrywighede aan te meld. “Ons moet almal die volgende drie dae ons oë oophou.”

Obama is Donderdagoggend reeds oor die moontlike dreigement ingelig.

“Die president het die teenterreurgemeenskap beveel om hul pogings te verskerp in reaksie op die geloofwaardige, maar onbevestigde dreigement,” het ’n beampte in die Withuis gesê.

’n Withuis-woordvoerder, Jay Carney, het aan MSNBC-TV gesê “ons is hiperwaaksaam ná die dreigement”.

Dokumente wat ná die dood van Osama bin Laden in sy huis in Abbottabad in Pakistan gevind is nadat hy in Mei in ’n Amerikaanse klopjag doodgeskiet is, benadruk dat hy steeds daarin belang gestel het om Amerika tydens die 9/11-herdenking te val.

Dit is nie duidelik of die planne ooit meer as net planne geword het nie.

Die kommissaris van die New Yorkse polisie, mnr. Ray Kelly, het gesê meer drasakke sal op die moltreinstelsel deursoek word, en toerusting wat bestraling monitor en snuffelhonde sal ingespan word.

“Daar word meer op tonnels, brûe en infrastruktuur in die algemeen gefokus, sowel as bekende bakens, plekke van aanbidding en staatsgeboue,” het Kelly gesê. 

– Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: vsa  |  terreuraanvalle  |  9/11

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.