VSA verdedig vryheid van spraak
2009-10-27 00:43
Washington - Die VSA is gekant teen Islamitiese lande se poging om die belastering van gelowe te belet, aangesien dit vryheid van spraak beperk.
Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê dat pogings deur Moslem en Arabiese state om die gebruik van beledigende woorde of beelde rondom geloof as ‘n skending van menseregte te beskou, is onvanpas.
Islamitiese state het die VN se hoëkommissaris vir menseregte aangespoor om wetgewing te aanvaar wat die belastering van geloof as ‘n skending van menseregte te aanvaar.
Hillary hou egter vol dat een persoon se vermoë om sy geloof uit te leef is onverwant aan ‘n ander persoon se reg tot vryheid van spraak.
- Sapa