VSA soldaat hou Afgane se vingers as trofee
2011-11-01 15:20
Londen – ‘n Amerikaanse stafsersant aangekla van die moord op drie Afgaanse burgers het erken hy het hul vingers as trofeë gehou, het sy prokureur gesê.
Calvin Gibbs (26) het gesê hy was nie by die moorde betrokke nie en het onskuldig gepleit op die aanklagtes.Hy is een van vyf soldate aangekla van die moord op die drie burgerlikes.
In Maart is foto’s gepubliseer wat wys hoe soldate by die lyke van Afgaanse burgers, wat hulle na bewering gedood het, poseer.
Gibbs se prokureur Phil Stackhouse het die erkenning dat Gibbs die slagoffers se vingers as trofeë gehou het, en aan ander betrokke by die moorde gegee het, Maandag in die hof bekendgemaak.
Stackhouse het aan die jurie gesê Gibbs glo die moorde was ‘n wettige militêre onderneming en sy medebeskuldigdes voer ‘n sameswering teen hom uit.
Die aanklaer Dan Mazzone het gesê Gibbs het die slagoffers vermoor, want hy wou.
"Die peloton is buite beheer," het hy gesê.
As Gibbs skuldig bevind word, kan hy ‘n lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool uitdien.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.