VSA soek toegang tot Bin Laden-weduwees
2011-05-09 13:01
Islamabad – Die VSA wil toegang hê tot Osama bin Laden se drie weduwees asook enige inligting wat die kommando’s in die Al-Kaïda-leier se skuilplek in Abbottabad, Pakistan, agtergelaat het, het ‘n Amerikaanse beampte gesê.
Die vroue, wat in die skuilplek gebly het nadat Amerikaanse troepe Bin Laden doodgeskiet het, kan verskeie vrae beantwoord.
Hulle kan die VSA in kennis stel oor Pakistan se moontlike rol in die Al-Kaïda-leier se skuiling nadat talle Amerikaanse beamptes bespiegel dat Pakistan hom gekoester het.
Die vroue se inligting kan ook lig werp op Bin Laden se daaglikse lewe en die wyse waarop Al-Kaïda werk.
Die vroue, asook talle kinders wat in die huis gevind is, is glo deur die Pakistanse weermag in aanhouding geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP