VSA soek antwoorde oor Iran
2009-07-27 12:06
Jerusalem - Robert Gates, Amerika se minister van verdediging, sê Washington hoop Iran sal binne ‘n paar maande antwoorde oor vrae aangaande hulle kontroversiële kernwapen-program gee.
"Die president hoop vir een of ander reaksie teen herfs vanjaar, moontlik nog betyds vir die VN se samekoms in September”, het Gates tydens ‘n media konversies gesê.
Gates is tans in Jerusalem om met sy Israeliese eweknie, Ehud Barak te vergaarder.
Israel en Washington verdink Iran daarvan dat dié land probeer om kernwapens te ontwikkel, maar owerhede in die hoofstad Tehran ontken die aantygings. Israel word deur baie as die Midde-Ooste se enigste kernwapen-mag gesien.
Israel land sien Iran as ‘n groot vryand nadat Iran se president, Mahmoud Ahmadinejad, herhaaldelik gesê het Israel moet van die wêreldkaart verwyder word.
- Sapa