VSA gekap oor onderwys en ontwikkeling

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Doha (Katar). – Die Amerikaanse regering is Dinsdag hier gekap vir sy hedendaagse ingesteldheid teenoor onderwys en ontwikkeling.

Prof. Jeffrey Sachs, direkteur van die Aarde-instituut by die Columbia-universiteit in Amerika, het in ’n paneelbespreking gesê Amerika is ’n swak voorbeeld van hebsug en selfsug.

Hy het gesê as enige land ’n sukses van onderwys wil maak, moet hy so vroeg moontlik daarmee begin.

Om in onderwys te belê verseker opbrengste vir die samelewing en ekonomie.

Volgens Sachs het enige Amerikaner wat ’n middelklasbestaan wil voer minstens ’n B-graad nodig.

Net 32% van mense tussen 25 en 29 jaar kry B-grade.

Sachs het gesê die Amerikaanse samelewing word uitmekaar getrek deur ongelykhede.

Hy het na die regering gekap en gesê Amerika bestee 30 keer meer aan sy weermag as aan ontwikkeling.

Sowat $700 miljard gaan vir die weermag teenoor $30 miljard vir onwikkelingshulp.

Hy het gesê eintlik moet van ’n morele krisis gepraat word met lande soos Amerika en Europa wat net op hul eie interne probleme fokus.

Sachs het gesê die toekomstige moondhede van die wêreld, soos die Brics-lande, moet ook hul deel vir ontwikkeling doen. “Almal moet die verantwoordelikheid aanvaar om van die wêreld ’n beter plek te maak.”

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, wat deel van die Wise-beoordelaarspaneel is, het op haar beurt gesê Suid-Afrika het die skakels tussen onderwys, wetenskap en tegnologie besef en daarom is daar samewerking tussen die departemente.

Sy het die rol van gehalte-onderrig beklemtoon en gesê die basis in wiskunde, wetenskap en tegnologie moet op skool gelê word sodat leerlinge van daar af rigtings soos ingenieurswese en tegnologie kan volg.

Oor die kwessie dat lande nog nie heeltemal daarin geslaag het om meisies dieselfde toegang tot onderwys te gee as seuns nie, het Pandor gesê Suid-Afrika was suksesvoller daarmee aangesien omtrent ewe veel meisies as seuns skole bywoon en dat meer vroue universiteite bywoon.

Wat wel kommerwekkend is, is dat vroue steeds meer in die rigting van sosiale wetenskappe as ander inskryf.

Op Dinsdag se beraad is ook die eerste wenner van die internasionale Wise-Laureate-eerbewys aangewys.

Fazle Hassan Abed is met $500 000 vereer vir die Brac-projek wat hy 40 jaar gelede in Bangladesj begin het.

Meer as 110 miljoen mense is met die program bereik. Abed het gesê dit is ’n eer om die toekenning te kry, maar die duisende mense wat saam met hom gewerk het, verdien ook erkenning.

“Onderwys is en bly die katalisator vir verandering,” het hy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: amerika  |  onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.