VSA: Rykes word ryker; middelklas ly
2011-10-27 16:50
Washington – Die rykste 1% van Amerikaners het net ryker geword oor die afgelope drie dekades, terwyl die middelklas en armes se huishoudelike inkomste na belasting in vergelyking hiermee teen ‘n slakkepas toegeneem het, het ‘n regeringstudie getoon.
Die gemiddelde inkomste vir die boonste 1% van Amerikaanse huishoudings het byna vervierdubbel.
Dit het met 275% gestyg van 1979 na 2007, het die Congressional Budget Office gevind.
Mense in die middel van die ekonomiese skaal se inkomste ná belasting het met slegs 40% gestyg.
Diegene aan die onderkant se inkomste het met slegs 18% toegeneem.
“Die verspreiding van ná belasbare inkomste in Amerika is aansienlik meer ongelyk in 2007 as in 1979.” Het die direkteur van CBD, Doug Elmendorf, in ‘n blog-inskrywing gesê.
Die top 1% het $165 000 of meer in 1979 gemaak. Dit het na $347 000 gespring in 2007, het die studie getoon.
Die inkomste vir die boonste vyfde het by $51 289 in 1979 begin en het na $70 578 in 2007 gestyg.
Die verslag, gebaseer op data van die interne inkomstediens en die sensus-buro , kom ná die Occupy Wall Street-betogings in New York begin het. Die betogers noem hulself “die 99 persent”.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP