VSA: Korrupte politikus kry 14 jaar
2011-12-08 13:01
Chicago – ‘n Voormalige goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Illinois is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van korrupsie.
Rod Blagojevich is in Junie skuldig bevind op 18 aanklagte van korrupsie.
Detroit Free Press berig Blagojevich (54) is een van die strengste vonnisse in Illinois vir korrupsie opgelê.
Regter James Zagel sê die ontsetelde goewerneur het verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar, maar sê dit versag nie sy misdade nie.
Die regter het ook gesê Blagojevich het goeie dinge as goewerneur vir mense gedoen, maar sê die politikus was meer bekommerd om sy mag vir homself te gebruik.
Een van die aanklagte behels die misbruik van mag. Blagojevich is daaraan skuldig bevind dat hy sy mag gebruik het om iemand in pres. Barack Obama se oop senaatsetel aan te stel in ruil vir kontant of ‘n werk met ‘n hoë salaris, het die koerant berig.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter