VSA: Jong ma sterf in tornado

2011-03-07 13:57
Tweets Share Share line Print

Rayne – ‘n Jong ma, wat haar kind teen die sterk winde beskerm het, is dood en twaalf ander mense is beseer toe ‘n tornado dié dorp in Louisiana tref.

Beamptes het Sondag gehelp om mense terug in hul wonings te kry nadat talle van die 1 500 inwoners hul wonings ontruim het, het Carroll Stelly, polisiehoof van Rayne, gesê.

Volgens Stelly kan mense weer in hul eie wonings slaap indien daar geen versperrings om hul huise is nie.

Sowat 100 beskadigde huise is egter steeds afgesper. Altesaam 40 van die huise is onbewoonbaar en 60 wonings is nog nie deursoek nie, het sy gesê.

Sowat 150 huise is beskadig of vernietig toe winde teen 217 km/h in die dorp ontstaan het.

Die huis waarin Jalisa Granger (21) dood is, is heeltemal deur ‘n gedeelte van ‘n boom platgedruk.

Sy, haar kleuter en haar ma is Saterdag deur bure en familielede uit die puin bevry, het Maxine Trahan, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

Inligting oor Granger se dood is nie bekend gemaak nie.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AP

Lees meer oor: natuurrampe  |  tornados

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.