Hoof-kernwapenkenner van VN bedank
2010-07-02 01:18
Wene - Olli Heinonen , die Verenigde Nasies (VN) se hoof ondersoekbeampte tot Iran en Sirië, het bedank.
Heinonen (63) was vir byna 30 jaar in dié organisasie se diens en het Donderdag wees persoonlike redes bedank.
Hy was die hoof van Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) wat bepaal of lande se kernprogramme nie vir militêre doeleindes is nie. Hy was ook die VN se hoof kenner aangaande Iran se kermprogram.
Die IAEA het gesê dat die pos so gou moontlik gevul sal word.
Nuus24 op Twitter.
- Reuters