VN loof Obama oor MIV-reisverbod
2009-11-01 06:59
Washington - Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) het pres. Barack Obama geloof nadat hy die reisverbod op mense wat MIV-positief is, opgehef het.
Hy het ander nasies aangemoedig om dieselfde te doen.
Obama het aangekondig dat sy administrasie Maandag dié omstrede Amerikaanse beleid wat sedert 1987 van krag is, gaan omkeer.
Die verbanning van buitelanders met MIV/vigs wat Amerika besoek, sal na verwagting vroeg volgende jaar opgehef word.
– Sapa-AFP