VN-leier: China moet 'groen' leier wees
2009-07-24 12:04
Beijing – China moet poog om die wêreldwye leier in die stryd teen klimaatsverandering te word.
Só het die sektretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, Vrydag gesê tydens die Green Lights-projek in Beijing.
Ban sê China moet volhoubare, omgewingsvriendelike ontwikkeling pionier en ‘n voorbeeld vir die res van die wêreld te stel deur hul omgewingsbewustheid.
Die VN-leier het dit sy top-prioriteit gemaak om wêreldlande tot ‘n opvolgooreenkoms vir die Kyoto-protokol te verbind en kweekhuisgasse verder te verminder.
- AP