VN-lede mag nie Sri Lanka besoek
2010-06-24 21:06
Colombo - Sri Lanka gaan drie lede van die Verenigde Nasies wat die beweerde skending van menseregte ondersoek, verbied om dié land te besoek.
"Ons sal nie visums aan hulle uitreik nie. Ons sal hulle nie in die land toelaat nie," het Gamini Lakshman Peiris, minister van buitelandse sake, gesê.
Die VN-paneel ondersoek die beweerde skending van menseregte in die laaste paar maande van die eiland se burgeroorlog.
Volg Nuus24 op Twitter