VN-hoof pleit oor klimaat

2009-11-30 09:12
Tweets Share Share line Print

Elise Tempelhof

Johannesburg – “Staan asseblief saam. Die wêreld het ’n verenigde stem teen weghol-klimaatsverandering nodig.”

Só het Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), Sondag in ’n verklaring gepleit.

Die verklaring kom terwyl minstens 80 wêreldleiers, insluitend pres. Barack Obama van Amerika, gereed maak om vandag oor presies ’n week in Kopenhagen, Denemarke, saam te trek vir die grootste klimaatberaad in die geskiedenis.

Ban het aan regeringsleiers en lande se ministers van omgewingsake wat van 7 tot 18 Desember in Kopenhagen bymekaar kom om ’n nuwe klimaatooreenkoms te sluit, gesê dit is waarskynlik hul “heel laaste kans” om noodsaaklike wysigings aan die Kioto-verdrag aan te bring en só “weghol-klimaatsverandering” te keer.

Intussen het pres. Jacob Zuma Vrydag in bilaterale samesprekings met die Franse leier, pres. Nicolas Sarkozy, op ’n vergadering van staatshoofde van die Gemenebes in Trinidad en Tobago gesê Suid-Afrika sal sy deel doen om sy eie uitlaatgasse te bekamp.

Die ontwikkelde lande sal hulle egter moet verbind tot “drastiese verlagings van kweekhuisgasse”.

Suid-Afrika meen ook die ooreenkoms moet wetlik afdwingbaar wees.

Zuma het voorts gesê die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal hom aanstaande week in Kopenhagen beywer vir ’n ooreenkoms wat die verskille in verantwoordelikhede tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande sal erken.

Suid-Afrika sal voorts ’n ooreenkoms steun waarin genoeg geld (deur ontwikkelde lande) bewillig word sodat arm lande dit kan gebruik om by klimaatsverandering te kan aanpas.

“Die (nuwe) multilaterale klimaatsooreenkoms moet oplossings bied vir die huidige uitdagings en toekomstige krisisse wat op ons vasteland wag,” het Zuma gesê.

Die nuwe klimaatooreenkoms wat (hopelik) aanstaande week bereik gaan word, moet arm lande, veral in Afrika, help om hul ekonomieë te bou op skoon energie sodat gevaarlike uitlaatgasse vermy kan word, het Zuma gesê.

Ban het wêreldleiers voorts gewaarsku om nie verwagtinge te koester dat “ ’n perfekte ooreenkoms” bereik gaan word nie.

“As julle gaan wag vir ’n perfekte ooreenkoms, gaan die hele beraad dalk misluk. Werk liewer om ’n ooreenkoms te bereik wat regverdig is.

“ ’n Ooreenkoms met gebreke, is beter as geen ooreenkoms nie,” het hy gesê.

Ban het gesê al is die ooreenkoms wat bereik word, nie wetlik afdwingbaar nie, kan dit die raamwerk skep vir ’n toekomstige wetlik afdwingbare verdrag.

Reuters berig Obama sal hom op 9 Desember in Kopenhagen by ander regeringshoofde aansluit. Hy sal die volgende dag sy Nobel-vredesprys in die naburige Oslo, Noorweë, ontvang, waarna hy kort daarna na Kopenhagen sal terugkeer en aan die klimaatonderhandelinge sal deelneem.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vn  |  klimaatsverandering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Masterdebater sê... Ronel, darem nie so toring nie. Wel een wat volgens afrika standaarde redelik hoog is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
1998
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.