VN-hoë moet help in Pakistan
2010-08-06 10:07
Islamabad – Die VN het Donderdag ’n spesiale gesant na Pakistan gehaas om die benarde toestand van 3,2 miljoen vloedslagoffers aan te roer, terwyl beamptes gewaarsku het dat die krisis uitkring.
Jean-Maurice Ripert is ontplooi om internasionale steun te mobiliseer en slagoffers se “dringende, onmiddellike behoeftes” te bepaal, het ’n woordvoerder gesê.
Ripert, ’n gewese Franse ambassadeur na die VN, het Donderdag die land se vloedgeteisterde noordweste besoek.
- Sapa - AFP