VN gaan Israelse klopjag ondersoek
2010-07-24 11:33
Genève. – Die VN se Menseregteraad het gister ’n span internasionale kenners aangestel om die klopjag deur Israelse kommando’s op ’n groep noodlenigingskepe op pad na Gasa in Mei te ondersoek.
Die forum van 47 lede het verlede maand gestem om ’n ondersoekspan aan te stel na wat hulle beskryf as Israel se skending van internasionale reg gedurende die aanval, waarin nege Turkse pro-Palestynse aktiviste dood is.
Die span bestaan uit drie onafhanklike kenners van Brittanje, Trinidad en Tobago en Maleisië, lui ’n VN-verklaring.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters