VN: Dodetal in Afghanistan styg skerp
2009-07-31 17:45
New York – Die burgerlike sterftesyfer weens die konflik in Afganistan het dié jaar met 24% gestyg, het die Verenigde Nasies (VN) gesê.
Meer as 1 000 sterftes weens die konflik is tydens die eerste ses maande van die jaar deur in Afganistan aangeteken, het die VN Vrydag in 'n verslag gesê.
Dit is 24% meers as die sterftesyfer gedurende dieselfde tydperk verlede jaar.
Veertig Amerikaanse soldate is in Julie in suidelike Afghanistan dood, berig Reuters.
Hierdie is die meeste sterftes wat die land se weermag nog ooit oor die agtjaarlange oorlog aangeteken het.