VK-werkloosheid hoogste in 14 jr
2009-08-12 12:51
Londen – Werkloosheid in Brittanje het met sowat 220 000 gevalle tussen April en Junie vanjaar vermeerder en die werkloosheidsyfer in dié land is nou die hoogste sedert 1995.
Sowat 2.4 miljoen mense is tans werkloos en volgens amptenare vir nasionale statistiek staan die huidige groei in werkloosheid op 7.8%. Dit beteken daar is nou 28.9 miljoen werkende mense in Brittanje.
Die nuwe statesieke sal druk op Brittanje se premier Gordon Brown plaas. Hy het die werkloosheidsyfers in dié land as "onaanvaarbaar" bestempel.
Werksgeleenthede het ook verminder tot slegs 427 000 werke wat beskikbaar was in dié drie maande, sowat 26 000 minder as dieselfde tydperk verlede jaar.
- Sapa